Feite: Wie vat wat waar?

Ek wil  graag hierdie feiteblad deur middel van die onderstaande skakel met julle deel.

Settlements en hul inwoners is een van die vele probleme waarmee Palestyne daagliks te kampe het.  Van hierdie onwettige woongebiede is religieus en ander meer ekonomies van aard.

Die Israeli regering subsideer munisipale dienste en huisverbande in hierdie gebiede, dit is dus baie goedkoper vir Israelies  om daar te woon. Slegs Israelies mag daar woon. Daar is mooi parke, die woonareas is goed uitgele en beskik oor mooi en goeie fasiliteite soos skole en winkelsentrums.  In kort, dis nie ‘n slegte plek om te woon nie, maar dis op Palestynse se grond, geokkupeer deur Israel!! Dit blyk dat die religieuse gebiede se inwoners hulle meer tot geweld wend en meer betrokke is by geweld, vandalisme, beskadiging van bome en verwoesting van oeste.  Die Israeli weermag is duidelik daar vir die beskerming van die setlaars en nie vir reg en geregtigheid soos ek dit verstaan nie.

Hierdie feiteblad (dis net een bladsy lank) mag dalk die huidige situasie in Palestiena duideliker maak.

Lees asseblief die nuutste inligting deur OCHA verskaf. 

Tot volgende keer.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Feite: Wie vat wat waar?

  1. avega sê:

    In jou inleiding skryf jy dat jy 3 maande in Israel is om objektief waar te neem wat daar gebeur. Tog skryf jy heeltemaal subjektief oor die situasie. Elke blogpos sover was van die Palestynse perspektief. Ek weet wat Israel doen is erg maar wat van die terreurdade van die Palestyne en van die Israeli perspektief waarom doen hulle die settlements?

    • Ons was ‘n tyd gelede by mnr Bob Lang, ‘n inwoner van die Efrat settlement. Volgens hom, en hy is die settlement se kontak en segsman, is die hele Israel hul God gegewe land en sal hulle dit bewoom. Hy sien die settlements glad nie as onwettig nie en se reguit dat Israel hom nie deur die wereld sal laat voor se nie. Hy lag oor Internasionale reg en vra “wie gaan dit toepas?’ Volgens hom is die hele Judea en Samaria (Israel en Palestiena) Joodse grond. Hy is in Amerika gebore en het as jong volwassene na Israel gekom, sy vrou is ‘n Australiese Jodin en het ook as volwassene Israel toe gekom. Hulle het kort na hul aankoms om burgerskap aansoek gedoen en dit vinnig ontvang. Nie hy of sy vrou se ouers of groot ouers het in Israel gewoon nie.
      Mnr Sam Bahour is ‘n gebore Amerikaner en het ook as jong volwasssene na Palestiena gekom, hy is hier met ‘n Palestynse vrou getroud en woon in sy oupa se huis in Ramallah. Sam Bahour kan nie burgerskap kry nie, want hy is nie ‘n Jood nie, al is sy verbintenis met die land baie hegter as bloot ‘n geloof.
      ‘n Christen kan ook nie burgerskap kry soos Bob Lang nie.
      Wat die terreurdade betref, die Palestyne in die Wesbank het ‘n hele paar jaar gelede reeds geweld afgesweer en hulle verset is deur middel van vreedsame demonstrasies. Die soldate staan en toekyk hoe hulle deur setlaars aangerand word en hoe olyfoeste afgevat en olyfbome vernietig word (dit is deur van my kollegas in Hebron gesien). Ek het self van die verwoeste olyfbome in die Suid Hebron heuwels gesien. Sodra ‘n jong seun egter ‘n klip optel word hy, sonder ‘n ouer, gearresteer terwyl 3 jong setlaarseuns 16 Augustus ‘n petrolbom na ‘n motor gegooi het en 6 mense beseer is. Twee het baie ernstige brandwonde opgedoen. Daardie kinders is nie sonder hul ouers gearresteer nie en in aanhouding nie. Daar gaan geen verdere ondersoek na die saak wees nie en die kinders is skotvry.
      Dit is vir ons wat by die checkpoint diens doen, baie duidelik dat hierdie sogenaamde sekuriteitsmaatreels bloot kontrole is. Vroeg soggens is die beheer erg, maar sodra dit 06:30 word en die werkers by hul Israeli werkgewers moet kom is dit baie vinniger om deur te gaan en word daar nie vreeslik na permitte gekyk nie.
      Ek is besig met ‘n skrywe oor Israeli vredesgroepe en behoort eersdaags iets te kan plaas.

      • avega sê:

        Ek volg jou skrywes. Ek weet van albei kante se siening oor die saak en weet van die onreg. Dis erger as apartheid. Al wat ek sê is; moenie sê dat jy objektief skryf nie. Jy doen nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s