Staan reg met die uie!!

                                     “What is yourrr name?  How old arrre you?  Wherrre you frrrom?  So word ek gereeld gegroet deur ‘n borrelende groep laerskool kinders.

So ‘n paar laerskool seuns. (foto: Adele)name?  How old arrre you?  Wherrre you frrrom?  Welcome – welcome!”  So word ek gereeld  deur ‘n borrelende groep laerskool kinders gegroet.

Toegang tot onderwys is veronderstel om ‘n primere reg vir almal te wees, maar nee, nie altyd nie!

Tuqu is ‘n dorp tussen die heuwels suid van Bethlehem en grens aan twee Israeli ‘settlements’ – Tekoa en Nokdim.  (Hierdie woord – ‘settlements’ word internasionaal erken en ek gaan dit ook so gebruik).  Alle settlements in Palestiena is onwettig volgens die Vierde Geneevse Konfensie en internasionale wetgewing.  Die Wereldhof het ook  op 9 Julie 2004 in Den Haag bepaal dat hierdie vestiging van Israelis in die besette Palestynse gebied onwettig is.  Die VN resolusie 465 van 1980 verklaar verder dat “Israel’s policy and practises of settling parts of its population and new immigrants in the occupied territories, a serious obstruction to achieving a comprehensive, just and lasting peace in the Middle East” is.

Terug by Tuqu:

Een van die groot probleme wat hier bestaan is dat die Israeli setlaars en die Palestynse inwoners almal ‘n pad moet deel wat by ‘n groep van drie skole verby loop.  ‘n Laerskool en sekondere dogterskool is aan die weste kant en oos is die sekondere seuns

Die straat voor die skool, met ‘n weermag voertuig in die agtergrond. (foto: Adele)

skool.

Die weermag is soggens en namiddae by die skole teenwoordig, maar nie om die kinders teen die besige pad te beskerm nie! om die setlaars te beskerm teen soos wat beweer word, klipgooiende kinders. Ek het nog nooit kinders sien klipgooi nie, maar ontken nie dat dit soms kan gebeur nie. Ek sien egter gereeld dat die weermag die kinders ontsenu en die ouer seuns selfs uitlok.

Die weermag voertuie kom soms tot binne die skoolterrein, terwyl die skool aan die gang is of gedurende pouses. Traanrook is ook al gedurende skooltyd by die skole gegooi. Teen die einde van die vorige akademiese jaar het dit weer gebeur en het die skoolhoof van die laerskool met die soldate gaan praat, maar dit het geen effek op hul optrede gehad nie.  Die kinders is in die skool en kan tog nie dan klippe gooi nie.   Die skoolhoof het gese dat hulle “altyd uie gereed moet he”, die uie help om die effek van die traanrook tee te werk – glo raad wat van Suid Afrika kom!

Die skole en weermag se hartseer verbinding kom al vanaf die laat 1980’s.  Vier seuns tussen die ouderdomme van 15 en 17 jaar is reeds deur skerpskutters dood geskiet en ‘n hele paar is gewond.  Die eerste (15) is gedurende 1989, tydens skooltyd, op die skoolterrein van die sekondere  dood geskiet en die laaste gedurende 2008, skuins voor die skool.  Hierdie en ander gereelde arrestasies van veral jong seuns het tot gevolg dat die kinders baie senuagtig en gespanne raak met die weermag se teenwoordigheid.  Gedurende die somervakansie (Junie – Julie 2012) is drie seuns gearresteer en Brahim Foauad Sabbah (17) is nog steeds in aanhouding sonder enige verhoor.

Die weermag voertuie voor die huis langs die skool. (foto: Adele)

Die weermag neem soggens en smiddae voor ‘n huis, reg langs die laerskool plaas.  Een of twee Jeeps met swaar gewapende jong soldate neem dan hul posisies in en bly daar totdat die skole begin of al die kinders huis toe is. Die eienaar van die huis vertel dat die weermag op ‘n gereelde basis hul huis beset en dan ‘n basis daar oprig om die wereld dop te hou. Hulle mag nie die huis verlaat of deur die vensters kyk as die weermag daar is nie.  Die buite blindings moet toe wees.

Asof hierdie situasie nie genoeg is nie, word die kinders verder blootgestel aan ‘n vreeslike besige pad wat reg voor die laer- en dogterskole verby loop.  Die pad is gedurende 1966 deur Jordanie gebou as ‘n gewone hoofstraat deur die dorp.  Die oprigting van die Skeidings muur het egter tot gevolg dat die roete van Jerusalem na Hebron by Bethlehem gestop is en nou word die pad deur Tuqu  as hoofpad van Ramallah na Hebron gebruik. Die twee naburige settlements, Tekoa en Nokdim, se inwoners gebruik ook die pad. Die gewone hoofstraat het dus nou in ‘n baie besige ‘high way’ geword.   Tuqu en omgewing is ten volle onder Israeli beheer en enige poging deur die skool en dorpsraad om of ‘n sypaadjie, verkeerslig, spoedwalle of selfs ‘n voetbrug aan te bring word verbied.  ‘n Settlement nie baie ver van Tuqu nie, in die Gush Etzion blok, het egter ‘n voetbrug oor die pad vir die setlaarkinders.

Die straat voor die skole. (foto: Adele)

Goed opgeleide en toegewyde onderwysers probeer daagliks hul bes om kwaliteit onderrig aan die ongeveer 1 200 kinders te bied, maar die okkupasie van Palestiena maak dit feitlik onmoontlik.  Onderrig en opleiding vorm een van die baie belangrike boustene in die Palestynse sameleweing en die bevolking is goed opgelei. Maklik is dit egter nie!

UNISEF is tans besig met ‘n studie oor die toeganklikheid van onderrig in die geokkupeerde Palestynse gebied.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Staan reg met die uie!!

  1. Baie interessant wat jy hier vertel. Ek weet die Palestyne het dit nie maklik nie, maar uit wat jy vertel, wonder ek of daar nie ook ‘n ander kant van die storie is nie. Die optrede deur die Israeliese magte klink vir my net te erg om slegs verklaar te word met die feit dat hulle nie van die Palestyne hou nie.

    • Ja, ek weet dit klink vreeslik en ‘n een- kant-van-die-saak storie. Ek wil jou egter uitnooi, kom hierheen en kom kuier / woon in Palestiena en kom ervaar self die tragedies wat hier afspeel.
      Wat die motorbomme betref: Hoekom mag Palestynse nommerplate nie Jordanie toe gaan nie? daar was nie motorbomme in die verlede nie. Die Israelies beheer die grenspos en laat geen Palestynse motors deur nie. Palestynse motors mag ook nie op sekere paaie in hul gebied ry nie, dis uitsluitlik vir Israelies wat in onwettige settlements woon se gebruik.
      Die Palestyne het ‘n beleid van geweldlose verset. Geweld is nie iets waar sonder die Israelies kan regeer nie. Soldate en setlaars is tot die tande gewapen en die setlaars gebruik gereeld geweld en rand Palestyne aan.
      Israel het ‘n proses van “silent displacement” aan die gang, hulle wil die grond sonder die inwoners he en is besig om die Palestyne van hul eie grond af te wurg. Ek is besig met ‘n skrywe oor so ‘n dorpie en behoort dit binnekort te publiseer. As jy belangstel om meer oor die onderwerp te lees is jy welkom om na my Facebook profiel te gaan, ek sit gereeld artikels van ander skrywers daarop.
      Mooi dag.

  2. Jy is daar en ek nie en daarom moet ek jou die twyfel van die voordeel gee. Ek weet net nie so mooi van die “geweldlose” verset nie. Deur die jare het die Palestyne al vele kere van gewelddadige verset en terrorisme gebruik gemaak. Ek kies nie kant hier nie en ek stem saam dat die Israeli’s se beleidsrigtings veel te wense oorlaat. Ek dink net in die hele situasie is niemand werklik onskuldig nie – ook nie die Palestyne nie.

  3. Toortsie sê:

    Ek dink die probleem is baie groter as wat ons ons enigsins in ons wildste drome kan voorstel. Dit hang net af in watter kant van die draad jy woon. Aan weerskante sal ons rillerstories hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s