Woestyn kuier

Die woestyn met die Dooie see in die agtergrond. (foto: Adele)

Israel en Palestiena is woestyn wereld.  Jy is nooit ver van die woestyn nie en sodra jy ‘n stad of dorp soos Jerusalem of Bethlehem verlaat is jy in die woestyn.

Ons is gisteraand woestyn toe om daar te kamp.  Ons gasheer is Ameen, ‘n koffieverkoper by die ‘checkpoint’ in Bethlehem en woonagtig in Tuqu, ‘n dorp so ‘n entjie vanaf Bethlehem.  Ons is later hier weg as wat beplan is en het die laaste deel van die rit in die donker afgele.

Kamele by die Bedohien dorpie

Ons het

wel kamele en Bedohien dorpies langs die pad gesien, maar geen sonsondergang in die woestyn nie.

Met ons aankoms was daar reeds ‘n vuur aan die gang en na die afpak en uitgooi van die matte, matrasse en kussings is ons tee met ‘zatar’ (‘n krui, ek dink dis tiemie, maar dit lyk nie so nie) en heerlike vars vrugte aangebied.

Vars vrugte, jogurtsop, brood en hoender. (foto: Adele)

Rustige Arabiese musiek is saggies in die agtergrond gespeel en ons het heerlik gekuier terwyl ons gasheer hoender en jogurtsop berei het. Die sop is met tuisgemaakte platbrood bedien en die hoederstukke apart.

Ons volgende dis was beesvleis frikkadelle oor die kole gebraai, en nee, dis nie ‘patties’ nie! Die kruie in die frikkadelle was subtiel, heerlik. Nog was dit nie die einde van ons ete nie,  Ameen het hoederstukke wat met kerrie gegeur is oor die kole gebraai, vingerlek-lekker!  die ete is met Arabiese koffie, gegeur met kardemon, afgesluit. Voor slapenstyd het ons in die maanlig gaan stap.  Die woestyn is pragtig in die sagte maanlig en Jordanie se liggies was duidelik sigbaar anderkant die Dooie see.

Na ‘n ietwat ongemaklike nag op matrassies het ons die son se opkoms ingewag.  Pragtig!!  Sonopkoms is altyd vir my mooi, maar so oor die Dooie see!  Dit was nou iets besonders!

Sonopkoms oor die Dooie see. (foto: Adele)

Ons woestyn-ontbyt was heerlik.  Ameen het ons bederf met pitabrode, humus, tamatiesmoor, komkommer stukke en radyse, ‘slaptjips’ en  fyn ‘zatar’ met sesame sade en olyfolie.

Die woestyn ontbyt. (foto: Adele)

Die pitabrood word in die olyfolie gedoop en dan in die kruiemengsel.  Heelike tee, weer gegeur met die kruie, het ons ete afgesluit.

Nou was dit oppak en terug Bethlehem toe, dit is immers ‘n werksdag.

Die resep vir ons Woestynsop.

Die woestynsop of jogurtsop. (foto: Adele)

Braai ‘n ui en 5 knoffeltoontjies in skaap botter tot goudbruin.

Verbruin die hoenderstukke, voeg nog botter by indien nodig.

Voeg 2l water by en kook tot die hoeder gaar is.

Voeg 6 gekneusde kardemom sade, 2 eetl kerriepoeier, 1 eetl borrie, sout en peper na smaak by.

Voeg nou 4 koppies skaap jogurt,( koppie vir koppie) by en roer goed deur.  Die skaap jogurt is ‘n stywe jogurt, lyk amper soos maaskaas.

Laat weer net begin prut en bedien met heerlike tuis gebakte platbrode.  Die hoederstukke word apart bedien.

Die sop is oor die kole gemaak en olyf stompe is vir die vuur gebruik.

Smaaklike ete!

Tot volgende keer.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Woestyn kuier

  1. Hilette sê:

    Mamma skryf mooi stories!

  2. Jan Twak sê:

    Ek kan maar net herhaal, dit is werklik interessant. Ek lees lekker hier. Waarmee ry julle – ek neem aan dis nie kamele nie?

  3. Jan Twak sê:

    PS Jy moet ‘n “follow widget” op jou werf sit, sodat mense kan inteken.

  4. Annalie Nel sê:

    Wat ‘n belewenis! Moes wonderlik gewees het! Is so lekker om alles te lees oor hoe jy dit ervaar. Sterkte daar!

  5. Dis nou regtig interessant om hierdie te lees en te sien hoe dit daar lyk. Suid-Afrikaners is so oningelig oor daardie werelddele (vermoed ek). En ek moet se die kosse wat jy hier beskryf lyk en klink heerlik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s