Die kleur van jou nommerplate

Ja, hier in Palestiena en Israel is die kleur van jou nommerplate baie belangrik.  Dit bepaal waar en op watter paaie jy mag ry en waarheen jy mag gaan.

Die Israeli motors se nommerplate (foto: Adele)

Is jou nommerplate geel met swart syfers, is jou kop deur.  Alle paaie verwelkom jou.  Maar o wee, as jy sulke wittes met groen syfers  het, dan mag jy net in Palestiena ry.

Palestynse nommerplaat (foto: Adele)

Geen Jerusalem of elders in Israel nie, nie eers met ‘n permit nie.  ‘n Motor kan nie ‘n permit kry om ‘na die anderkant’ te gaan nie.  ‘n Persoon kan egter aansoek doen en mag dalk ‘n permit kry vir werk of om mediese redes, maar om sommer net te gaan kuier of so ‘n bietjie in Oos-Jerusalem gaan ronddrentel, dis verbode.

Parkeerterrein by ‘Checkpoint’ 300 (foto: Adele)

Sekere paaie is egter Israeli paaie en Palestynse motors mag net op sekere dele of soms glad nie op daardie paaie ry nie.  Waar hulle wel daarop mag ry is waar daar geen alternatief is nie.  Hier by ‘checkpoint 300’ in Bethlehem is ‘n parkeer terrein waar die wit en groen nommerplaat motors bedags gelaat word terwyl hul eienaars per bus na Oos-Jerusalem gaan.

Om na Jordanie te gaan het nie minder probleme nie.  Die rit moet ook per bus onderneem word, want die Israeli regering laat geen Palestynse motors deur die grenspos nie. Daar is ‘n bus wat jou deur die een helfte van die grens neem en dan moet daar oorgeklim word op ‘n Jordaniese bus om verder te gaan.  Baie Palestyne gebruik Amman se lughawe as vertrek punt vir hul reise.

Ambulanse mag glad nie deur ‘n ‘checkpoint’ gaan nie.  Die pasient word met die Palestynse ambulans tot by die ‘checkpoint’ geneem en dan kom ‘n ambulans van Israel en neem die pasient verder.  Enige verpleeg personeel mag deur gaan, indien hulle ‘n permit het.

Taxi (foto : Adele)

Palestynse taxi’s se nommerplate is groen met wit syfers op.  Minibus taxi’s ry is ‘n belewenis op sy eie.  Ek glo  in Suid-Afrika ook,  moet egter belei dat ek hulle nog nie ervaar het nie, maar dalk moet ek dit oorweeg.  Hier in Palestiena is hulle oranje en word ‘n Service genoem (uitgespreek Serwies) en is relatief goedkoop.  Ek is  van Bethlehem na Ramallah en vandaar na Jericho met so ‘n Service.  Daar is nie ‘n vertrek tyd nie, sodra daar 7 passasiers is vertrek die Service.  Niemand betaal  wanneer jy inklim nie en na ‘n tyd begin die passasiers skielik geld voorentoe stuur.  Die voorste passasiers gee dit vir die drywer en hy stuur weer kleingeld agtertoe. Hy kyk nie wie die geld stuur  nie en  die kleingeld kom nie altyd dadelik nie, soms het hy nie genoeg kleingeld nie of is hy te besig in die verkeer.  Die roetes is op  die Palestynse paaie en daar is nie skouers of strepe nie.   Ek het nie enige padtekens gesien nie en die paaie is baie nou.

Motorhek by ‘checkpoint’ 300 (foto: Adele)

Om hierdie situasie te probeer verstaan het ek aan moontlike voorbeelde gedink wat meer bekend mag wees.  Stel jou voor ‘n GP nommerplaat mag net in Gauteng ry en ‘n Vrystaat nommerplaat  net daar.  ‘n Wes Kapenaar mag nie die heelpad Port Elizabeth toe ry nie en moet iewers anderkant Knysna sy motor agter laat en per bus verder ry.

Ek het nooit gedink dat ‘n nommerplaat se kleur so belangrik is nie!!

Tot volgende keer.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Die kleur van jou nommerplate

  1. Annalie Nel sê:

    Wat ‘n wêreld! So gekompliseerd! Sterkte daar. Pragtige foto’s van Saggeus se boom, ens. Annalie

  2. Hilette sê:

    Sjoe moeder, ek kan myself nie indink hoe dit met wees nie! …..Ek sien wel uit na my eerste rit in n “Serwies” 😉 Dankie vir die deel van stories!

  3. Jan Twak sê:

    Dit is nou werklikwaar interessant!

  4. Vega sê:

    Dit klink soos apartheid

  5. Natuurlik is die rasionaal agter hierdie regulasies die feit dat Israel deur die jare heen ‘n gawe kwota van motorbomme gehad het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s