Waarom vye, olywe en druiwe?

‘ n Pragtige voorbeeld van ‘n Olyfboom

Nadat ek besluit het om met hierdie blog te begin het ek redelik lank oor ‘n naam getop, verskeie idees oorweeg en uiteindelik op Vye, Olywe en Druiwe besluit.  Word Press laat my nie toe om kommas of koppeltekens te gebruik nie, vandaar die moeilik leesbare naam.

Olywe?

Hier in Bethlehem is ons omring deur olyfboorde.  Hier is etlike vierkante km beplant met olywe en word hulle erg bedreig deur die aneksasie van Palesteinse grond deur die Israeli regering. Die grond word hoofsaaklik gebruik vir die bou van die skeidingsmuur en uitbreiding van  setlaars dorpe (of soos almal dit hier noem-“Settlements”). Duisende olyfbome is al verwoes, maar dis ‘n storie vir later.

Vye?

Vye is netsoos olywe sinoniem met die gebied en ons lees telkemale van vye of ‘n vyeboom in die Bybel.  Die eerste vars vrugte wat ek hier in Bethlehem geeet het was dan ook vye.  Buite ons kombuisvenster is ‘n olyf- en vyeboom en in die tuin is ‘n wingerdstok.

Druiwe?

Druiwe is nou volop en word gereeld aangebied wanneer ons Palestynse gesinne besoek. Druiwe word ook reeds vanaf die Bybelse tye hier verbou en netsoos die ander vrugte is daar oral wingerdstokke in die tuine.

Die Olyfboom, Vyeboom asook die Wingerdstok is simbole vir Vrede, Voorspoed en Wysheid. Ek is seker almal sal saam stem dat hierdie gebied beslis vrede, voorspoed en baie wysheid nodig het.

Ek gaan vir die volgende drie maande hier woon en wil graag my ondervindinge en waarnemings met julle deel. Stuur asseblief opmerkings en vrae en ek sal kyk of ek hulle sal kan antwoord.

Tot volgende keer.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Waarom vye, olywe en druiwe?

  1. Thanks Adele, I’m looking forward to coming for a visit to your Placement in Bethlehem. Fruit is indeed plentiful at this time of the year but the threat hanging over some Palestinians’ olive groves is disturbing, to say the least. Many blessings as you continue to ‘Stop the Occupation’!

  2. alleman sê:

    Ek is baie bly en trots om ‘n Afrrikaanse persoon tee te kom wat by die Palestyne staan! Hoe het dit gekom dat jy daar woon?

    • Goeie dag Alleman
      Ek is betrokke by die EAPPI-program van die Wereldraad van kerke, ons bly vir 3 maande in verskeie dorpe in Palestiena (ek woon in Bethlehem) en wanneer ons tuis is, deel ons ons waarneminge en ervaringe met almal tuis. So probeer ons deur bewusmaking die pyn, hartseer en werklike gebeure aan die grootklok te hang. Ons probeer ook om beleidmakers en leiers op verskeie gebiede ingelig te kry. Terwyl ons hier is vergesel ons die Palestyne en deur teenwoordig te wees by sekere optredes bied ons beskerming aan hulle. Die setlaars en andere tree minder militer op as hulle internasionale organisasies op die terrein sien. Kontak die EAPPI se webvef en lees bietjie meer oor die program.

  3. Toortsie sê:

    Mal oor al drie vrugte! Sterkte met julle werk en met jou blog

  4. Hilette sê:

    Ma is regtig my hero! ❤

  5. Welkom hier! Ek gaan met aandag jou vertellinge volg! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s